Erik Satie

Erik Satie in 1920

Éric Alfred Leslie Satie Frans: [eʁik sati]; 17 Mei 18661 Julie 1925), wat na 1884 sy naam geskryf het as Erik Satie, was 'n Franse komponis en pianis. Satie was 'n invloedryke kunstenaar op die laat 19de en vroeë 20ste eeuse Paryse avant-garde toneel. Sy werk het as voorloper gedien tot latere artistieke bewegings soos minimalisme en die Teater van die Absurde.[1]

Satie was 'n besonders eksentrieke persoon, en is in 1887 bekendgestel as 'n "gymnopedist", kort voordat hy sy bekendste komposisies, die Gymnopédies, geskryf het. Behalwe vir sy musiek het Satie ook 'n stel skrywes nagelaat en vir publikasies bygedra soos die dadaïstiese tydskrif 391.[2]

Alhoewel hy in sy latere lewe trots daarop was om sy werk onder sy eie naam te publiseer, wil dit voorkom asof hy in die laat 19de eeu skuilname soos Virginie Lebeau[3] en François de Paule[4] in sommige van sy gepubliseerde skrywes gebruik het.

  1. "Lectures and events". gresham.ac.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2013.
  2. "Documents of Dada and Surrealism: Dada and Surrealist Journals in the Mary Reynolds Collection". Artic.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2015. Besoek op 1 Augustus 2017.
  3. Steven Moore Whiting,Satie the Bohemian: From Cabaret to Concert hall (Oxford: Clarendon Press; New York: Oxford University Press, 1999): p.105.
  4. Vincent Lajoinie, Erik Satie,' 'L'Age d'Homme' '(<! --Plek, uitgewer en ISBN woord benodig .--> 1985). 443 S. 8 ° 1985 p.31

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy